LBRY Block Explorer

LBRY Claims • geestelike-oorlogvoering-die

4d785e6fe08826818bb22519b6058b609f7cbf6e

Published By
Anonymous
Created On
13 Jul 2024 10:36:40 UTC
Transaction ID
Cost
Safe for Work
Free
Yes
Geestelike Oorlogvoering - Die Skriftuurlike Manier
“Geestelike oorlogvoering” beteken verskillende dinge vir verskillende volksgenote. Die term self word ook nie in die Skrif gevind nie, maar is ‘n oorlewerings konsep wat aangeleer is. Geestelike oorlogvoering is ‘n baie belangrike aspek van die Verbondsgelowige se lewe omdat ons daagliks daarin betrokke is, wetend of onwetend. Die Skrif stel dit baie duidelik.
Die feit is dat baie leringe oor geestelike oorlogvoering wat deesdae gesirkuleer word nie gegrond is in die instruksies van die Skrif nie. Enige beoefening of tegniek van geestelike oorlogvoering wat geen Skriftuurlike magtiging of regverdiging het nie, is altyd verdag.

Die sleutel tot suksesvolle geestelike oorlogvoering is om Skriftuurlike balans te vind. Sommiges van ons was geleer dat indien ons “die Satan bind” in die Naam van Yahshua, en hom dreig, of as ons geeste aftrek in die lug (hulle aktiwiteit belemmer), sal hulle ons vir altyd met rus laat – ons nie langer meer versoek of probeer om ons weg te lok van ons geloof nie. Dit is eenvoudig nie waar nie. Sommiges van ons was ook geleer om die frase te gebruik, naamlik “Ek bind jou, Satan, in die Naam van Yahshua!” as ‘n geheime formule of “geestelike wapen.” Sommiges van ons was ook geleer dat ons die outoriteit het om dit so te doen omdat ons Yahshua het; maar om die Satan en sy demone te oorwin behels meer as net woorde. Die feit van die saak is dat die Teëstander alreeds gebind is deur die Goeie Nuus van Yahshua die Gesalfde Een (Mashiach), en as verbondsgelowiges bind ons hom met ons regverdige lewenswyse:

“...en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is” 2 Korinthiërs 10:6.

“Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van Elohim bly op hom” Johannes 3:36

Ons moet seker maak ons siening van demone en hoe om hulle te hanteer is gebasseer op die Skrif, en nie op stories, tradisies, of ervarings nie. Geliefdes, valsheid wat gemeng is met waarheid verstrik die verbondsgelowige en my gebed vir almal wat verstrik is, is dat die waarheid julle sal vrymaak. Die doel van hierdie lering is om te leer dat daar ‘n oorlog aan die gang is en ons veg daagliks daarin; dat ons wapens en strategieë deur Elohim geskenk is wat ons Bevelvoerder is; en laastens, om die ware betekenis weer te gee in die konteks van die terme “bind en ontbind” in die boek van Mattheus.

Volgers van die Weg Odysee kanaal: https://odysee.com/@Volgers-van-die-Weg:3?r=8sjJbbNhjRh9ELefWTiJaTEeF6jkqnve

"Die Vleeslike Besnydenis": https://youtu.be/3D4qBcia6bQ?si=gYbzeoGw5XWg3EIG

https://www.youtube.com/watch?v=zHbFSBBihXg
Author
Content Type
Unspecified
video/mp4
Language
Open in LBRY